Bek En Klou
published 07 Jan 2026

Bek & klou vandag gevind by Ekangala

Hiermee raad  vir hantering  van uitbrake.

Goeiedag boere. 

Die Bek-en-klou versprei op party kolle vinniger as ander, maar die verloop binne n kudde is redelik dieselfde met 3 belangrike dinge om op te let. 

1.Ouderdom van kallers
2.Koeie en veral kallers se immuniteit.
3.Mineraalstatus en kondisie

1. Kalwers onder 3 maande ondervind ons tussen 5 en 20% vrektes. Stres en hantering die grootste oorsaak. 
2. Koeie wat se entings op datum is hoef darm nie ander siektes ook te veg nie. Kalwers van hierdie moeders het goeie immuniteit teen longonsteking bv wat nou met die weer ook toeslaan in normale jare onder stres kondisies. 
3. Minerale en goeie kondisie help diere om enige siekte beter te beveg. BEK ook. 

Wat kan ek doen op die plaas?

Hou bg in gedagte en vul betyds aan. Al is BEK ver van jou af gebruik hierdie jaar om jou koeie te bou. Dis soortvan versekering wat jy uitneem. 

Binne 10km van besmette plaas of hoë risiko area met baie verkeer.

Spuit minerale en Ivermektiene voorkomend op koeie en kalwers. 
Kalwers kan met Vit E Se ook gespuit word, maar dan nie met ander mineraal aanvulling nie. 
Die Vit E en Se help met oksidatiewe stres hanteer en briek in die geval hartskade by kalwers. Dosis uiters belangrik veral in kalwers. 
Ent kalwers Inforce voorkomend vir longontsteking. 

Uitbraak op plaas. 

Laat weet jou buurmanne om hom te help. 

NIE JY OF BUURMAN MOET NOU VEE SKUIF NIE!?

Teen die tyd wat mens letsels of tekens sien het dit klaar versprei. 
As mens nou skuif steek jy jou eie beeste en n buurman aan. 
Hou diere rustig en verskaf lek sonder sout wat dit seer maak vir beeste om te vreet. 
Kry melasse gebasseerde lekke wat smaaklik is en hoogs verteerbaar is om diere net deur die dip te kry. 
Die lekke het gewoonlik klaar fosfate en minerale in. 
Diere reeds op sulke lekke het klaar n beter kans om kondisie te behou en siekte goed te hanteer. Werk op 1kg lek per bees per dag. 

Bulle of diere wat werklik swaar trek kan met n paalspuit in die veld behandel word sodat mens nie die res onnodig stres nie. Anti-inflammatoriese middels en penisilliene.

Hantering maak baie diere dood, veral kalwers onder 3 maande wat ons ondervind. 

Baie belangrik
Moet nie van ander siektes vergeet nie. 

Gifplante,Bloutong, Snotsiekte,IBR longontsteking kan net soos die siekte lyk. 
Vrotpootjie kan ook beeste laat kruppel loop. 
Enige koors kan diere laat kwyl. 

Maak dus steeds seker jy het die regte diagnose om ander siektes wat wel maklik behandelbaar is te kan herken. Kontak jou veearts vir hulp om seker te maak. 
Ongelukkig gaan ander siektes steeds aan buiten die BEK uitbraak. 

Sterkte aan elkeen daar buite. Ons hoop entstof en opgedateerde maatreëls is voor Feb met ons.  

Groete
 Paul Reynolds,Vrede Dierehospitaal

Our Values

Innovative
Integrity
Satisfaction
Passionate
Win-Win
Simplicity

Latest News




Contact Details

16 Grahamstown Road
Port Elizabeth
South Africa
6000

+27 861 041 041